News
28 September 2022
12-JARIGE PHALLEN VAN NEEL WEN GOUD BY BERGRIVIER MUNISIPALITEIT SE VIRTUELE TALENT-KOMPETISIE
20 SEPTEMBER 2022
Bergrivier Munisipaliteit het vir die tweede keer 'n Virtuele Talent-Kompetisie aangebied, waardeur jeugdiges van al nege dorpe hul talente kon wys.
Die finaal van die kompetisie, wat op 27 Augustus 2022 in die N Otto Gemeenskapsaal in Porterville plaasgevind het, is deur Phallen van Neel (12 jaar) gewen. Van Neel het R7 000 gewen. Allen Daniels en Nehuesha Faroo het tweede plek behaal en met RS 000 weggestap, terwyl Davernay Klaase in die derde plek R3 000 gewen het.
Aile deelnemers het 'n geleentheid gekry om te sing, dans of rymklets. Die kompetisie is 'n inisiatief uit die kantoorvan die Burgemeester en het al op 27 Mei 2022 afgeskop op die sosiale media netwerk Facebook. lnwoners van die Bergrivier Munisipale Gebied wie wou deelneem moes 'n video van hulself, waar hulle sing,dans of rymklets instuur. Die video was ook op die Munisipaliteit se Facebook blad geplaas vir die kykers om te besigtig.
Please click >> here << For article of Virtual Talent Competition.
Last published 28 September 2022