Bergrivier Municipality has just released its latest Bergrivier Bulletin. You will receive the following news in this edition: Dwarskerbos R200 000 tennis court upgrades completed; Bergrivier Municipality pays tribute to the late Pauraine Claassen; Indigent subsidies; Bergrivier Municipality pays tribute to late Councillor Johan Botha; R2.2 million footpath and ablution facilities in Porterville nearly complete; Mosaic Project to portray rich history of Porterville; COVID-19 Awareness: 5 Golden Rules; urom the pen of the Executive Mayor. \ Bergrivier Munisipaliteit het onlangs die jongste uitgawe van die Bergrivier Bulletin uitgereik. U sal die volgende nuus in hierdie uitgawe kan lees: Dwarskersbos R200 000 tennisbaan opgraderings voltooi; Bergrivier Munisipaliteit hou huldeblyk vir wyle Pauraine Claassen; Deernis-subsidies; Bergrivier Munisipaliteit hou huldeblyk vir wyle Raadslid Johan Botha; R2.2 miljoen voetpad en ablusiegeriewe in Porterville amper voltooi; Mosaïek projek om die ryk geskiedenis van Porterville uit te beeld; COVID-19 Bewusmakingsveldtog: 5 Goue Reëls; uit die pen van die Uitvoerende Burgemeester. |
Bergriver Municipality would like to invite all households that want to register as needy households and are eligible for free basic services, to visit their nearest municipal office. \ Bergrivier Munisipaliteit nooi graag alle huishoudings wat as hulpbehoewende huishoudings wil registreer en vir gratis basiese dienste in aanmerking wil kom, om hul naaste munisipale kantoor te besoek. |
We encourage all local businesses in the Bergrivier Municipal Area to register on the Central Supplier Database (CSD). For more information contact the following Supply Chain Management officials at: Nelmarie Bothma (Manager: Expenditure and SCM) 022 913 6065, Israel Saunders (Head: Assets and SCM) 022 913 6038 and Elorese Scholtz (Accountant: SCM) 022 913 6062. \ Ons moedig alle plaaslike ondernemings in die Bergrivier Munisipale Gebied aan om op die Sentrale Verskaffersdatabasis (SVD) te registreer. Vir meer inligting kontak die volgende amptenare in die Voorsieningskanaalbestuur (VKB) by: Nelmarie Bothma (Bestuurder: Uitgawes en VKB) 022 913 6065, Israel Saunders ( Hoof: Bates en VKB) 022 913 6038 en Elorese Scholtz (Rekenmeester: VKB) 022 913 6062. . |
Gatherings are allowed as follows: Indoor gatherings may not exceed 50% of the venue’s capacity up to a maximum of 100 people and outdoor gatherings may not exceed 50% of the venue’s capacity up to a maximum of 250 people. Health protocols must be observed at gatherings, including maintaining a distance of at least 1,5 meters between people. Wearing a cloth mask or similar covering over the nose and mouth is mandatory when in public. Any person who does not wear a mask in a public place will be committing an offence. Curfew is now from 00:00 to 04:00. Apart from permitted workers, no persons may be outside their place of residence during curfew. Alcohol sales are permitted as normal and no alcohol may be sold during curfew. \ Byeenkomste word soos volg toegelaat: Binnenshuise byeenkomste mag nie meer as 50% van die lokaal se kapasiteit akkommodeer nie en slegs tot ’n maksimum van 100 mense; buitelug byeenkomste mag nie meer as 50% van die terrein se kapasiteit akkommodeer nie en slegs tot ’n maksimum van 250 mense. Gesondheidsprotokols moet tydens byeenkomste nagekom word, insluitend die handhawing van ’n sosiale afstand van minstens 1,5 meter tussen alle mense. Die dra van ’n lapmasker oor die neus en mond is verpligtend in enige publieke ruimte. Enige persoon wat nie ’n masker in ’n openbare ruimte dra nie, tree teen die wet op. Die aandklokperiode is nou tussen 00:00 en 04:00. Behalwe vir toegelate essensiële werkers, mag geen persone gedurende die aandklokperiode buite hul woonplek wees nie. Geen alkohol mag gedurende die aandklokperiode verkoop word nie. |