News
29 October 2020
RELAXATION OF CREDIT CONTROL MEASURES: (Limitation on prepaid electricity sales)
The Council has decided to re-implement credit control measures as from 01 October 2020.
Clients who could not make timely arrangements to pay off their municipal accounts, will be accommodated by means of credit control measures being relaxed to a 50/50 recovery on prepaid electricity purchases.
Example of 50/50 recovery: If your municipal account is in arrears and you decide to purhcase prepaid electricity worth R100, the following will occur. A R50 will go towards paying off your outstanding debt. The other R50 will be issued to you in prepaid electricity.
We urge all clients, whose accounts are in arrears, to visit their nearest Municipal Office to make use of the following opportunities:
• Customers with a monthly household income of less than R5 000 can apply for an indigent subsidy. If you qualify for an indigent subsidy, your monthly municipal account will be reduced by as much as R475. This amount includes 6 kilolitres of water free of charge.
• If you have outstanding debt which is older than 30 June 2019 and you pay it off in one instalment, your interest accrued on this debt will be written-off.
• You can also apply to pay off your outstanding debt “interest free” over a period of no more than 36 months.
RELAXATION OF CREDIT CONTROL MEASURES WILL ONLY BE VALID UNTIL 30 NOVEMBER 2020.
Issued by: Communication Unit
Bergrivier Municipality
\
VERSAGTING VAN KREDIETBEHEERMAATREELS (Beperking op koopkrag verkope)
Die Raad het besluit om weer vanaf 1 Oktober 2020 kredietbeheermaatreëls te implementeer.
Kliënte wat nie betyds reëlings kon maak vir afbetaling van rekeninge nie, sal tegemoet gekom word deurdat kredietbeheermaatreëls versag sal word tot ’n 50/50 verhaling op voorafbetaalde kragaankope.
Voorbeeld van 50/50 verhaling: Indien u munisipale rekening agterstallig is en u besluit om voorafbetaalde elektrisiteit ter waarde van R100 te koop, sal die volgende gebeur. ’n R50 sal gebruik word vir die afbetaling van u uitstaande skuld. Die ander R50 word met voorafbetaalde elektrisiteit aan u uitgereik.
Indien u rekening agterstallig is, word u aangemoedig om u naaste Munisipale kantoor te besoek om van die volgende geleenthede gebruik te maak:
• Verbruikers met ‘n maandelikse huishoudelike inkomste van minder as R5 000 kan aansoek doen vir ‘n deernis subsidie. Indien u hiervoor kwalifiseer sal u maandelikse rekening met tot soveel as R475 gesubsidieer word. Hierdie bedrag sluit in 6kl water gratis.
• Indien u skuld ouer as 30 Junie 2019 eenmalig vereffen, sal u rente op hierdie skuld afgeskryf word.
• U kan ook aansoek doen om u agterstallige bedrag rentevry af te betaal oor ‘n tydperk van tot 36 maande.
VERSAGTING VAN KREDIETBEHEERMAATREËLS SAL SLEGS IN WERKING WEES TOT 30 NOVEMBER 2020.
Uitgereik deur: Kommunikasie Eenheid
Bergrivier Munisipaliteit